Sunday 5 June 2016

Herman Matthee

KAAPSTAD. 'n Taxi-bestuurder van Durban beweer hy het die Kaapse atleet Herman Matthee (27) die oggend van vanjaar (1995?)se Comrades-wedloop by 'n hotel in Durban opgelaai en sowat 25 minute later by 'n winkelsentrum langs die roete van die wedloop afgelaai. Matthee moes verlede week sy goue medalje in die Comrades-marathon prysgee nadat hy sewende geëindig het. Hy het na bewering nie die volle afstand gehardloop nie. Intussen berig Eben Human dat Matthee nóg groot probleme het. 'n Aanklag van strafbare manslag is vroeër vanjaar teen hom ondersoek en na die Prokureur-generaal verwys nadat twee jong Tygerbergers in 'n gru-botsing in Bellville gesterf het. Die ongeluk was twee- uur die oggend op 31 Januarie op die hoek van Frans Conradie- en Mike Pienaar-rylaan. Die taxi-bestuurder, wat homself net as Elijah ge dentifiseer het en vir Swift Taxis in Stangerstraat werk, het gister aan ons korrespondent in Johannesburg gesê hy het Matthee op 31 Mei omstreeks agtuur die oggend by die Hotel Seaboard in Pointweg, Durban, opgelaai. Die wedloop was teen dié tyd reeds vir sowat twee uur aan die gang nadat die deelnemers klokslag om sesuur voor die stadsaal in Pietermaritzburg weggespring het. Elijah het Matthee glo sowat 25 minute later by 'n winkelsentrum by Kloof, sowat 25 km van die eindpunt by die Kingsmead-krieketstadion, afgelaai. Volgens Elijah het die rit R100 gekos. Hy het Matthee eergisteraand op foto's van die wedloop raakgesien en is vas oortuig dat dit die man was wat in sy taxi gery het. ``Ek sal nie kan sê dat die man heeltemal in hardloopklere was nie. Hy het 'n kortbroek aangehad met 'n baadjie om sy skouers.'' Elijah kan egter nie vir seker sê dat dit 'n sweetpakbaadjie was nie. ``Die man het nie gepraat terwyl ek na Kloof gery het nie. Daar was nie sprake van enige gesprek tussen ons nie,'' het Elijah gister gesê. Matthee se vader, die Stellenbosse akademikus prof. J.A. Matthee, het gister aan Die Burger gesê sy seun is is 'n volwasse man en sal self verduidelikings moet gee oor sy deelname aan die Comrades. ``Die organiseerders weier egter om hom toegang te gee tot hul inligting oor sy deelname,'' sê prof. Matthee. Prof. Matthee het verwys na uitsprake van Bellville-atlete, wat volgens 'n berig in Die Burger gesê het sy seun het nooit aan hul groepoefeninge deelgeneem nie. ``Dit was onmoontlik om saam met hulle te oefen, omdat hy nie motor mag bestuur het ná sy ongeluk in Januarie nie.'' Die getuienis van die Comrades- beamptes dui daarop dat die 27-jarige atleet waarskynlik minder as 30 km van die totale afstand van 89 km in die Comrades-marathon van Pietermaritzburg na Durban gehardloop het om een van die tien gesogte goue medaljes te verower. Die ouers van die twee jong mense van Parow, wyle Heinrich Laubscher (20) en Chris Pretorius (24), het opnuut pyn ervaar toe Matthee verlede week op televisie verskyn het om sy saak oor sy Comrades- deelname te stel. Mnr. M.C. Laubscher het aan Die Burger gesê die ongeluk is lank ondersoek en toe na die Prokureur- generaal verwys. Albei oorledenes was ook belowende sportmanne. Pretorius was 'n rugbyspeler en Laubscher het in atletiek en tennis uitgeblink.

Feel free to add your comment.

For a free directory entry go to:For your free directory entry.

Do you know this person? Add to this page.

Do you know anything more? Add to the page.

No comments:

Post a Comment

The designers of this site hereby absolve themselves of any liability of the content placed on this site by users. We will attempt to moderate but any oversights will be the responsibility of the various authors.